Wit strande, soel blou seewater waarin jy die ganse dag kan dryf, hope garnale en 2M-bier... Ja-nee, Mosambiek is een van Suider-Afrika se topbestemmings vir 'n seevakansie. Maar wat jy dalk nie weet nie, is dat dié land soveel meer bied, veral opwindende bosvakansies. Hierdie gids beantwoord ál die reisvrae wat jy kan hê: bekostigbare verblyf, puik idees vir vakansies verder noord, asook die nodige inligting oor roetes, grensposte en paklyste. Maak solank jou sommetjies... en kyk hoeveel verlof jy het!
From the community